Leierskap bring baie uitdagings. In ‘n internasionale bediening soos FEBC s’n, wat op die moeilikste bereikbare plekke fokus, kry elke span en direkteur met hul eie, unieke probleme te doen – natuurrampe, vyandige gemeenskappe, moeilike reisroetes en oorlog, om net ’n paar te noem. Bid dat FEBC se leiers hul spanne met wysheid en vrymoedigheid sal lei.