Bid vir FEBA-luisteraars in Malawi wat weens hul geloof vervolg word. Baie mense onder die Yao word deur hul families mishandel en verwerp wanneer hulle tot bekering kom. Ibrahim en Khadija se families het hulle geslaan, hul besittings vernietig en hul grond gevat, wat hulle sonder heenkome laat. Bid dat God FEBA se Yao-luisteraars sal bewaar en aan al hulle behoeftes sal voorsien.