’n Luisteraar in Tsjad het onlangs gebed versoek vir sy ma wat siek was. ’n Week later het hy laat weet: “Ek dank God vir al hierdie wonderwerke in my ma se lewe. Te danke aan jul gebede, verbeter haar gesondheid mooi. Ek vra dat julle asseblief vir volkome herstel sal bid.” Loof die Here!