Event Details


FEBA Mosambiek is passievol daaroor om die evangelie met kinders en tieners te deel. Armoede en geweld dryf baie jongmense na bendes toe, maar FEBA Mosambiek se jeug-dissipelskapprogramme het al bendes in hul geheel na Christus toe gebring! Bid dat elke verlore kind in Mosambiek ’n tuiste in God se familie sal vind deur FEBA se uitsendings.