Event Details


Bid vir FEBA Mosambiek se jeugdissipelskapprogram in Cuamba. Die span het ‘n groepie jongmense opgelei om te help met die vervaardiging van programme tydens buite-uitsendings. Hulle besoek dorpe rondom Cuamba en deel die evangelie terwyl hulle mense onderrig oor MIV en die voorkoming van kinderhuwelike. Bid dat hierdie programme blywende verandering onder luisteraars sal meebring.