Event Details


FEBA se vennoot in Irak het onlangs ’n nuwe program begin uitsaai waarin gelowiges hul getuienisse deel. Baie luisteraars het die stasie al gekontak met vrae oor Jesus. Die span brei ook sy bediening uit na ’n tweede stad met 1.3 miljoen mense, waar God reeds mense se harte voorberei – hulle het al die radiostasie begin gekontak om vir Bybels te vra! Prys God vir Sy voorsiening en bid dat Hy FEBA se vennoot, sowel as die luisteraars, sal bewaar in ’n land waar gelowiges vervolg word.