Bid vir die mense in Soedan, Mali, Niger, Tsjad, Mosambiek en Malawi wat weens voedseltekorte ly. Swak oeste, skade weens die weer, en konflik het chaos veroorsaak met die beskikbaarheid en pryse van voedsel. Bid dat FEBA se personeel en luisteraars hul oë op die Here sal hou, wat altyd op die regte tyd vir Sy kinders voorsien.