“Kyk, ek bring vir julle ‘n goeie boodskap wat vir die hele volk ‘n bron van groot vreugde sal wees”                Lukas 2:10 (AFR)

Jy kan hierdie Kersfees die geskenk van lewe gee – ’n geskenk wat vrede, hoop en die evangelie bring aan dié wat die grootste behoefte het. FEBA Radio bereik mense in afgeleë gemeenskappe reg oor Tsjad, Mali, Malawi, Mosambiek, Niger en Etiopië en bring hulle in verbinding met God se Woord deur middel van radio.

Een radio kan tot 50 mense bereik. In afgeleë dorpies vergader die gemeenskap in groepe van 5-50 mense – ons noem dit “luisteraarklubs” – om na ons uitsendings te luister op die radio’s wat ons verskaf. Sodra ’n groep groter as 50 mense raak, word ’n nuwe groep gestig. Baie mense ervaar vir die eerste keer hoop as gevolg van die uitdeel van radio’s.

Een radio kan tot 50 mense bereik!

 

Te danke aan ons ondersteuners het ons meer as 20,000 luisteraarklubs in Mosambiek, Malawi en Tazanië, en vanjaar kon ons nog 4,500 oudio-Bybels/radio’s vir hulle stuur. Ons beoog om dieselfde hulpbronne volgende jaar aan meer van ons vennote in Afrika te stuur.

Help ons om nóg meer gemeenskappe met die lewensveranderende boodskap van die evangelie te bereik, deur ons pogings om nog meer radio’s te stuur, te ondersteun.

Help die Evangelie verkondig!

Skenk radio's om die Evangelie te verkondig onder talle nasies

Kersfees Skenkingsopsies:

1 radio = R450 (vir uitdeel)

2 radio’s = R850 (ontvang een, skenk een)

Oudio-Bybel = R480

Elke skenking maak ’n verskil. Werk gerus dié Kersfees saam met ons om die liefde van Christus te deel.

NB! – Wanneer u ’n betaling maak, gebruik asseblief die volgende formaat as verwysing:

“RP [telefoonnommer], bv. “RP 012 123 4567”.

Dit sal ons help om die fondse korrek aan die “Radioprojek” te allokeer.

Hoe om te skenk:

Skenk via:

PayFast ondersteun krediet- en debietkaarte, direkte EFT, MobiCred, Masterpress, Zapper en SCode.

*Gebruik jou selfoonnommer as verwysing vir ’n kwitansie.

Skenk via:

Bankbesonderhede vir EFT-betalings

Standard Bank

Rek no: 20 10 84 775
Takkode: 014 845

ABSA

Rek no: 40 55 31 35 41
Takkode: 632 005

FNB

Rek no: 627 131 68799
Takkode: 250 655