Oor ons

wie ons is

FEBA, ‘n lid van FEBC (Far East Broadcasting Company), is ‘n interkerklike mediabediening, waarvan die uitsluitlike doel is om die Goeie Nuus van Jesus Christus aan die wêreld te verkondig deur radio, die internet en opkomende tegnologieë. Tans ondersteun en bedryf FEBA/FEBC se wêreldwye bedieningsnetwerk meer as 149 FM/AM-stasies in 50 lande wat programme in meer as 141 etniese tale vervaardig. Daarbenewens het ons ook multimedia-ateljees wat op sleutelplekke regoor die wêreld geleë is, waar ons kernfokus op die vervaardiging van boeiende inhoud vir gebruik op verskillende kommunikasieplatforms is. Ons missie is om die Evangelie van Jesus Christus uit te saai aan mense regoor die wêreld wat geïsoleer is deur ekonomiese, opvoedkundige, geografiese, politieke en godsdienstige hindernisse. Baie van hierdie “vergete mense” van die samelewing is in lande met geweldige politieke en kulturele teenkanting teen die Evangelie en het dus beperkte toegang tot Christelike hulpbronne.

Missie

ONS INSPIREER MENSE OM CHRISTUS TE VOLG DEUR DIE MEDIA

Ons missie is om die Evangelie van Jesus Christus uit te saai aan mense regoor die wêreld wat geïsoleer is deur ekonomiese, opvoedkundige, geografiese, politieke en godsdienstige hindernisse. Baie van hierdie “vergete mense” van die samelewing is in lande met geweldige politieke en kulturele teenkanting teen die Evangelie en het dus beperkte toegang tot Christelike hulpbronne.

Ons groot passie

“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Matteus 28:19-20 (AFR83)

ONS GELOOFSVERKLARING

Ons Glo:

  • Dat die Bybel die geïnspireerde, gesaghebbende Woord van God is.
  • Dat daar een God is wat vir ewig in drie persone bestaan: Vader, Seun en Heilige Gees.
  • In die Godheid van Christus, in Sy maagdelike geboorte, in Sy sondelose lewe, in Sy wonderwerke, in Sy plaasvervangende en versoenende dood deur Sy gestorte bloed, in Sy liggaamlike opstanding, in Sy hemelvaart na die regterhand van die Vader, en dat Hy persoonlik sal terugkeer in krag en heerlikheid om te kom haal wie aan Hom behoort.
  • Dat vir die redding van verlore en sondige mense, vernuwing deur die Heilige Gees noodsaaklik is.
  • Die Christelike doop word gedoen in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees en word verwag van almal wat tot geloof in Christus kom. Dit is ‘n teken dat ons saam met Christus gesterf het en saam met Hom opgewek is om in ‘n nuwe lewe te wandel. Dit is ook ‘n openbare verklaring van geloof in ons Verlosser.
  • In die huidige bediening van die Heilige Gees, wat die Christen in staat stel om ‘n heilige lewe te lei.
  • In die opstanding van beide die gereddes en die verlorenes.
  • In die geestelike eenheid van gelowiges in Christus.

Ons Span

Raadslede

Dr Jurie Vermeulen

Direkteur

Ds. Alkmaar Swart

Board Member

Ps Muller Crauwcamp

Voorsitter van die Raad

Ds. Alkmaar Swart

Raadslid

Mr Francois Booyse

Raadslid

Johan Hanekom

Raadslid

Ryan van Rooyen

Raadslid

Staff Members

Magda Muller

Skenkersorg

Su-Rika Jones

Boekhouer

Dr Willem Semmelink

Ondersteuning Ontwikkelaar

Hennie Louw

Inhoud Ontwikkelaar