Skenk, en verander ‘n lewe!

Die waardevolste bate wat u ooit in hierdie leeftyd aan iemand kan gee, is die Goeie Nuus van Jesus Christus.

Jesus Christus is die enigste wat ‘n lewe werklik kan transformeer en verlossing is die waardevolste skat wat ons ooit in hierdie leeftyd sal besit.

Wat is die grootste vreugde as om dit met ander te deel en te weet dat ons rykdom iemand die geskenk van die ewige lewe kan gee?

Die woord sê dat die hele hemel bly is oor een sondaar wat bekeer;

Lukas 15:10 –
“Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

Hoekom Radio?

Thank you for your obedience to God’s calling and for bringing the gospel
to those who have never heard it.

Donate with PayFast

DONATE NOW

Donate with SnapScan

Word ‘n vennoot van FEBA Radio SA
op een of meer van die volgende maniere:

Vul die onderstaande vorm in en ons sal u kontak

Thank you for your message. It has been sent.
There was an error trying to send your message. Please try again later.

Deur te gee, kan miljoene siele wat moontlik nooit die goeie nuus kon hoor nie, na Christus toe kom.

U vrygewige gee, sal help om die onbereiktes met die Evangelie te bereik deur middel van radio-uitsendings en digitale media

Geagte FEBA-vennoot

Die verkondiging van die evangelie deur die media is waarskynlik die enigste doeltreffende manier om die ontelbare miljoene onbereikte mense van die wêreld te bereik. Geen diktator kan ‘n radiogolf stop nie; dit word nooit moeg nie en dit reik tot in die donkerste hart met ewige krag. In moderne tye het ons internetstrome, mobiele toepassings en allerlei luistertoestelle begin gebruik om Christus se goeie nuus te versprei. Dankie dat u die verantwoordelikheid deel van Christus se groot opdrag: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels…” (Matt. 28:19). Word herinner aan die woorde van die apostel Paulus in FILIPPENSE 4:18. Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle gawe is voor God ‘n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig.

Dr-Jurie-Vermeulen-Signature-01