FEBA Radio Suid Afrika is ’n lid van FEBC (Far East Broadcasting Company)
Ons doen dit via radio-uitsendings, slimfoon-apps, aanlyn-uitsendings en luidsprekerkassies met geheuekaarte en sosiale media.
Ongeveer die helfte van ons bediening is gewy aan opvoedkundige programme, wat onderwerpe soos; finansies, gesondheid, gesinslewe en verhoudings. Ons het ook ‘n uitgebreide opvolgbediening op elke werkterrein.
Ons saai uit oor ongeveer 50 lande, in 141 tale, vanaf 149 stasies vir 1500 uur per dag
Ons weet dat hierdie bediening effektief is omdat ons jaarliks 9 miljoen direkte luisteraars se terugvoering ontvang. In China alleenlik is 40 miljoen van FEBC-materiaal en -programme in een jaar afgelaai.
RAAK BETROKKE
Skenk, en verander ‘n lewe!
Die waardevolste bate wat u ooit in hierdie leeftyd aan iemand kan gee, is die Goeie Nuus van Jesus Christus.
Jesus Christus is die enigste wat ‘n lewe werklik kan transformeer en verlossing is die waardevolste skat wat ons ooit in hierdie leeftyd sal besit.
Wat is die grootste vreugde as om dit met ander te deel en te weet dat ons rykdom iemand die geskenk van die ewige lewe kan gee?
Die woord sê dat die hele hemel bly is oor een sondaar wat bekeer;
Lukas 15:10 –
“Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”