GOD GEBRUIK ‘N RADIOSTASIE IN MALI OM ‘N LEWE TE RED

Ons glo sonder twyfel dat God wonderwerke verrig. Indien jy ooit getwyfel het dat God wonderwerke kan doen of dat ‘n radiostasie kan gebruik om wonderwerke te doen, gaan jy anders dink sodra jy die volgende getuienis van ons radiostasie, KanuYah FM in Mali gelees het.

‘n Jong seun van Manantali, Yoro Jallow, spandeer meeste van sy tyd saam met vriende en speel saam sokker. Na afloop van elke spel op die baan sit hulle en drink saam tee; ‘n gunsteling tydverdryf vir jong mense in Mali. ‘n Skielike tragedie het omtrent drie weke gelede met Yoro gebeur. Iemand het kort na ‘n wedstryd sy tee bedwelm. Terwyl Yoro geen weerstand kon bied weens die dwelms nie, is hy van sy geld beroof. Dit is toe dat hy spoorloos verdwyn het.

Sy familie het ‘n oproep gemaak aan luisteraars van ons radiostasie om op die uitkyk te wees vir Yoro. Die radiospan het elke luisteraar aangeraai om te bid en om te help soek. Die reaksie van die publiek het ons hoendervleis gegee.

Mense, van individue tot groepe, van regoor die streek het dadelik op hul knieë neergesak. Die mense wat na hom gesoek het, het selfs tot in die dorpe van Mahina en Bafoulabé gereis om na hom te soek. Mense het aanhoudende oproepe na mense gemaak, het soekspanne uitgestuur en het nie opgehou om te bid nie. Kort voordat die finale radiouitsending vir die dag gemaak is, het ‘n man van ‘n nedersetting in die omliggende berggebied die stasie geskakel en vertel dat hy vir Yoro gevind het.

Dit blyk dat Yoro die hele dag in sy bedwelmde toestand rondgedwaal het sonder dat hy geweet het waar hy was. Yoro was steeds in ‘n bedwelmde toestand toe hy gevind is, en was naby aan ‘n giftige kobra voor ‘n grot. Die man het dadelik na Yoro geroep en hom gehelp om weg te kom van die slang. Dat Yoro betyds gevind is, presies in daardie oomblik van gevaar, was ‘n wonderwerk en Goddelike tydsberekening.

Yoro is veilig terug aan sy mense besorg en het hom na Bamako vir mediese behandeling geneem. Dit alles het afgespeel terwyl die gemeenskap aangehou het om vir hom te bid. Yoro sal na verwagting aanstaande week uit die hospitaal ontslaan word, danksy die goeie behandeling wat hy ontvang.

 

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4