MONGOLIË SE AANLYN RADIOBEDIENING BEMAGTIG INDIVIDUE OM HUL BESTE TE WEES!

“Hallo. Ek is Burmaa, ‘n luisteraar van Bulgan provinsie. Ek luister al ‘n paar jaar na FEBC-uitsendings. Eerstens, waardeer ek julle almal werklik vir die uitsaai van sulke toepaslike programme om gelukkige en gesonde Mongoolse gesinne moontlik te maak. Ek is ‘n weduwee. Die radio gee my hoop en ‘n vriendskap. Ek hou daarvan om mense aan te beveel om na Family Radio FM 104.5 te luister”.

“Ek stel ‘n alarm om my aan die programskedule te herinner. Die alarm sê vir my: ‘Kom ons skakel jou Galcom-radio aan en luister na jou volgende nuwe les. Want dit is 9 nm’. Volgens julle radioprogram het ek myself ontdek. Ek het my waarde besef toe ek na die sielkundige program geluister het. Voordat ek na julle program geluister het, was ek baie aggressief en my gedrag was uitermatig. Ek het baie geleer uit julle sielkundige program. Ek probeer om dit uit te leef wat ek op die program gehoor het. Ek moedig altyd my seuns en dogter aan om na FEBC se programme te luister. Ek skryf dikwels in my notaboek wat ek gehoor het. Om na die radio te luister, laat my soos ‘n student voel.”

Dit is net een van die vele luisteraarsgetuies wat ons van ons span by FEBC Mongolië ontvang het, as ‘n reaksie op hul Aanlyn radiobediening, Itgel Radio. ‘n Baie spesiale program, getiteld, “Dou van Hermon”, wat duisende aanlyn luisteraars bemoedig, word vroeg in die oggend van Maandag tot Vrydag uitgesaai. Dit sluit in ‘n vers van die dag, ‘n aanbiddingslied met ‘n storie wat die lied verduidelik, ‘n getuienis en gebede.

Nog ‘n program, wat baie gewild geword het en ook aanlyn aangebied word, bespreek Christelike boeke en lei luisteraars stadig deur elke hoofstuk, terwyl hulle aangemoedig word om verskeie Christelike boeke te lees. Tans word hierdie nuutgevestigde, regstreekse, aanlyn radioprogram net soggens vir 1,5 uur uitgesaai, maar ons hoop om teen die einde van 2021 hul uitsaaityd tot vier uur per dag te verleng.

Afgesien van hul lewendige en groeiende aanlyn teenwoordigheid, bied FEBC Mongolië ook luisteraars, wat in hul geloof gegroei het, die geleentheid om vrywillige radio aanbieders te wees. So doende bemagtig die radio nie net luisteraars met die woord van God nie, maar ontwikkel ook hulle vaardighede, talente en vermoëns om florerende individue te word wat ‘n beduidende bydrae tot die samelewing kan lewer.

Die jongste aanbieder is Enguun, ‘n laerskoolleerder wat elke Woensdag deel van ‘n radioprogram aanbied. Sy was ‘n baie skaam meisie, maar toe sy eers die Woensdag-program ná skool begin aanbied het, het sy geleer hoe om haarself uit te druk en haar menings uit te spreek.

Enguun sê: “As gevolg van die program het ek geleer hoe om met luisteraars te kommunikeer en vrae te vra. Ek het baie pryse op skool gewen as gevolg hiervan. Ek het onlangs die twede plek by ‘n toespraakwedstryd gewen. Ek woon ook aanlyn Zoom-vergaderings by, waar ons deur mede-aanbieders geleer word hoe om gedigte te memoriseer en ons radio uitsaaivaardighede te verbeter.”

Ons spanne van regoor die wêreld is vasbeslote om die evangelie te deel en individue te help om hul volle potensiaal in Christus te bereik. FEBC Mongolië is voorlopers in hul innoverende gebruik van die radio-uitsaaiwese om hierdie doel te bereik. Gesinne, vaders, moeders en jong kinders baat baie by al hulle pogings en het geleer om Christus te alle tye eerste te stel.

 

 

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4