Christian radio station in Mozambique

FEBA Radio Suid-Afrika is die nuwe eienaars van ʼn Christelike radiostasie in Mosambiek

In Mosambiek is slegs 10% van die totale bevolking, van bykans 30 miljoen mense, Evangeliese Christene. Deur FEBA Malawi se bediening bereik ons ​​die Yao-mensegroep wat in Mosambiek en Tanzanië woon, maar daar is nog steeds baie meer mense om te bereik. Daarom loof ons die Here vir AIM wat aan FEBA Radio Suid-Afrika (FRSA) ʼn radiostasie, Radio Nuru, in die noord-oostelike deel van Mosambiek geskenk het! Dr Jurie Vermeulen, Nasionale Direkteur van FRSA, het in Junie vanjaar Radio Nuru en sy direksie besoek, waar hulle onderhandelings gevoer het en die kontrak onderteken het wat FRSA die eienaars van die stasie maak.

Radio Nuru bereik ʼn hele paar verskillende mensegroepe in die noorde van Mosambiek in hul eie etniese tale. Die Makua, Makonde, Mwani, Makwe en baie meer van hierdie groepe is hoofsaaklik onbereik, dit wil sê minder as 5% Christelik. Daarom loof ons die Here vir die geleentheid om hierdie mense met die liefdevolle Goeie Nuus van ons Here Jesus Christus, te bereik.

Daar moet nog baie gedoen word, soos om ʼn nuwe stasiebestuurder voor April 2018 aan te stel – dis wanneer die huidige bestuurder aftree. Ons vra dat u ons en Radio Nuru in u gebede sal hou, aangesien nuwe verhoudings met huidige, sowel as nuwe personeel gebou moet. Bid vir die voorsiening van die fondse wat benodig word om die evangelie vir nog lank deur Radio Nuru te kan uitsaai.

Dankie vir u volgehoue gebede en ondersteuning. Ons hoop om binnekort getuienisse vanuit Mosambiek met u te deel!


FEBA Radio South Africa becomes the new owners of a Christian radio station in Mozambique

In Mozambique only 10% of the entire population of almost 30 million people, are Evangelical Christians. Through FEBA Malawi’s ministry we reach the Yao people group living in Mozambique and Tanzania, but there are still many more to be reached. That’s why we praise God for AIM who donated Radio Nuru, a radio station in the north-eastern part of Mozambique, to FEBA Radio South Africa (FRSA)! Dr Jurie Vermeulen, National Director of FRSA, visited Radio Nuru and the board in June this year, where they sat and discussed the terms of the agreement and signed the contract which officially transfers ownership to FRSA.

Radio Nuru reaches a few unreached people groups in north-eastern Mozambique in their own ethnic languages. The Makua, Makonde, Mwani and Makwe are some of these unreached people groups which are less than 5% Christian. That’s why we praise God for the opportunity to be able to help reach these people with the loving Good News of our Lord Jesus Christ.

A lot needs to be done, like appointing a new station manager before April 2018 – when the current manager will retire. We ask that you’ll keep us and Radio Nuru in your prayers, as we have to foster new relationships with current staff, as well as appoint new staff members. Pray for the provision of funds to help keep these broadcasts on air for many more years.

Thank you for your ongoing prayer and support. We hope to, very soon, share testimonies from Mozambique with you!

 

Tags :
Share This :

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4