FEBA DEEL DIE EVANGELIE OP ‘N VEILIGE MANIER, TEN SPYTE VAN STRENG GODSLASTERINGSWETTE IN PAKISTAN

Godsdienstige onverdraagsaamheid, fanatisme en haat jeens Christene het ‘n hoogtepunt bereik in Pakistan. Aan die begin van 2022 is die pastoor van een van FEBC Pakistan se vennootskapkerke wreed vermoor oppad terug huis toe nadat hy in die noorde van die land gedien het. Sy junior pastoor is ook erg beseer en is as gevolg daarvan in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

FEBC Pakistan is een van die buitelandse velde wat al vir baie jare deur FEBA Suid-Afrika ondersteun word. Dit is baie uitdagend om in Pakistan te evangeliseer. Christene word as tweedeklas burgers beskou en daar word teen elke aspek van menslike bestaan gediskrimineer.

Die intoleransie is hoog. Die FEBA-span en hul luisteraars staar elke dag die bedreiging van vervolging, gevangenisstraf en dood in die gesig as gevolg van die streng godslasteringswette wat dikwels deur fanatici tot die uiterste gevoer word. Die meeste Pakistani stem saam met die wette en glo dat dit direk uit die Koran kom. Pakistan se godsdienswette word as die strengste ter wêreld beskou, selfs wanneer dit vergelyk word met soorteglyke wette in Saoedi-Arabië, Iran, Maleisië, Indonesië, Afghanistan en ander Arabiese lande waar die Moslemgeloof aangehang word.

Die godsdienswette is die eerste keer deur die Britte ingestel, en is in die 1980’s uitgebrei om meer spesifieke besonderhede in te sluit wat enige neerhalende opmerking teen Islamitiese persone as ‘n oortreding beskou. In baie gevalle is dit tot die uiterste geneem, en duisende Christene het daaronder gely. FEBC se programme moet gevolglik deeglik nagegaan word voordat dit uitgesaai word om te verseker dat nie ‘n enkele woord buite konteks gebruik kan word nie.

Om hierdie rede is opleiding uiters belangrik vir die span in Pakistan. Hulle bied gereeld werkswinkels deur die jaar aan om bestaande en nuwe personeel op te lei. Hulle borg ook hul spanlede met geleenthede vir verdere opleiding. Verskeie van hierdie personeellede het onlangs gegradueer en spog nou met grade in media en kommunikasie, asook ander hoër sertifikaatprogramme wat met massakommunikasie verband hou.

Hul mees onlangse drie-dag opleiding het in Oktober 2021 plaasgevind. Tydens hierdie geleentheid is 17 nuwe lede toegerus met kennis oor regeringsaankondigings, effektiewe onderhoudvoering en hoe om Christelike inhoud in moeilike gebiede en situasies te deel. Daar is ‘n geweldige groei in nuwe lidmate waargeneem en die opleiding het hulle gehelp om hul geloof effektief met nie-gelowiges te deel.

Deelnemers was dankbaar vir die geleentheid om aan hierdie werkswinkel deel te neem en het hul dankbaarheid teenoor die span uitgespreek: “Die werkswinkel was ongelooflik. Ek is so dankbaar dat ek geleer het hoe om ons getuienisse en gedagtes oor die Bybel met nie-gelowiges te deel, terwyl ek die veiligheidsreëls in gedagte hou. Dankie dat julle my toerus.”

“Dit was vir my ‘n groot uitdaging om inhoud te ontwikkel vir inspirerende video stories. Dankie, FEBA Pakistan, dat julle my geleer het hoe om inhoud te ontwikkel met die spesifieke behoeftes van ons luisteraars in gedagte. Hierdie opleiding was ‘n goeie begin en ek sien uit daarna om te vorder . Dankie dat ek op dié manier toegerus word en ek van waardevolle hulpbronne voorsien word.”

Behalwe om hierdie gereelde jaarlikse werkswinkels aan te bied, vervaardig die span tans as deel van hul nuut-ontwikkelde strategiese plan vir 2022 nuwe oudio- asook video-inhoud vir kortgolf-, FM Radio en sosiale media-platforms.

Pakistan se mediabediening help hul luisteraars om verskeie vorme van vervolging, teistering en swaarkry te verduur terwyl hulle in Christus opgebou word. Een van hul programme, JAZBA-E-JAWAN, wat in Pakistan se vyfde meesbevolkte stad, Gujranwala, uitgesaai word, fokus op gemeenskapsontwikkeling en word goed deur luisteraars ontvang.

‘n Luisteraar van die omgewing sê dat die programme ‘n begeerte in sy hart aangewakker het om meer oor Jesus te leer: “Die program ‘Oom Qasim’ het my gehelp om duidelikheid te verkry oor sekere onderwerpe van Christenskap wat ek verkeerd verstaan het. Dit het my geloof aangewakker en my diep oor my huidige geloof laat dink. Ek het die Heilige Bybel begin bestudeer en luister gereeld na FEBC se program om meer te wete te kom oor die leringe en persoonlikheid van Jesus Christus.”

Ons bediening in Pakistan fokus daarop om sy luisteraars en kykers te onderrig en op te voed oor Bybelse onderwerpe en om hulle te bemagtig om hul eie besluite te neem rakende hul geloof. Baie, wat eers deur die waarheid verlig is, is bereid om te leer. Hierdie jaar, saam met die hulp van ons ondersteuners, het ons FEBC Pakistan van die finansies voorsien om ‘n bussie te koop wat hulle gebruik om Christelike lektuur aan die gemeenskap te versprei. Ons vertrou dat baie deur hul getroue bediening geïnspireer sal word om van Christus te leer en Hom te aanvaar as hul Here en Verlosser in Pakistan.

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4