FEBA Kirgisië: Lig in ‘n Donker Plek

“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” – Romeine 10:17

“Jul uitsending is vir baie van ons soos ‘n lig in ’n donker plek,” skryf ’n luisteraar van Kirgisië. Dié klein landjie in Sentraal-Asië het maar 6.7 miljoen mense, waarvan 93% Moslem is. Daar is 28 onbereikte mensegroepe. Die groen, bergagtige landskap, geleë tussen China, Kasakstan, Oesbekistan en Tajikistan, spog met ’n ryk kultuur. Tog is ongelykheid vandag nog algemeen in die land.

Seuns, nie dogters nie

In Kirgisiese kultuur word mans belangriker as vroue geag. Ouers hoop vir seuns, en as daar slegs dogters gebore word, kan dit lei tot egskeiding. Seuns word elke geleentheid gebied om te studeer, terwyl meisies huishoudelike take moet uitvoer en vir familielede moet sorg. Indien hulle ’n loopbaan wil volg, moet dit in diens van ander wees – iets soos ’n onderwyser, dokter of verpleegster. Alhoewel sommige vroue die uitdaging oorkom en sukses bereik, bly baie van hulle vasgekeer in liefdelose huwelike, sonder enige manier om hulself te onderhou, indien hulle daaruit wil ontsnap.
N*, ‘n FEBA Kirgisië-luisteraar, deel die volgende: “Nes die stories van baie luisteraars in jul uitsending, word ek ook mishandel in my huwelik. Alle kanse op ’n gelukkige lewe is daarmee heen. Ons baklei heeltyd … as ek rondkyk, sien ek dat baie, selfs meeste, vroue met dieselfde probleem sukkel. Hou asseblief aan om ons mans uit te daag om groot te word en verantwoordelikheid te aanvaar.”

‘n Lig in ‘n donker plek

Die afgelope twee jaar het FEBA Kirgisië bemoedigende groei getoon. Die span saai heeldag, aldag in die Kirgisiese taal uit deur middel van internet, sosiale media en ’n netwerk van ses FM-stasies, wat ongeveer twee derdes van die land dek. In 2021 het FEBA Kirgisië terugvoer van 1,922 luisteraars ontvang; in 2022 was daar terugvoer van 43,628. Daar is Moslems en Christene onder hul luisteraars, waarvan 65% vroue is. In 2022 het hulle meer as 88,000 Instagram-volgelinge gehad en meer as 13,000 volgelinge op TikTok, waar FEBA Kirgisië ’n dinamiese bediening onder jongmense bou. Hul podcasts trek ook aandag; in 2022 het hulle meer as 148,000 luisteraars gehad.


Een van die gewildste aanlynprogramme is Immunity, waar liggaamlike gesondheid bespreek word. Hul program oor voorbereiding vir swangerskap, wat onder meer ’n bespreking insluit oor waarom meisies jonger as 18 nog nie fisiek gereed is om geboorte te skenk nie, is besonder goed ontvang.


FEBA Kirgisië se gewilligheid om uitdagende kwessies aan te spreek, dra vrug. “My vrou is 35 en het swanger geraak met ons derde kind,” sê M. “Vanweë ons ekonomiese situasie het ons aborsie oorweeg. Nadat ons na jul uitsending geluister het, het ons egter van plan verander. Jul bespreking van aborsie was baie oortuigend … Nou sien ons uit na die nuwe lewe wat die Almagtige vir ons gee. En ons hoef nie ryk te wees om ’n gelukkige gesin te wees nie. God sal ons daaglikse brood voorsien … Hou aan met die goeie uitsendings.” ‘n Ander luisteraar se boodskap herinner ons dat, terwyl ons dalk nie uit ’n slegte situasie kan ontsnap nie, die situasie deur God se genade kan verander. A is reeds vir sewe jaar met ’n goeie man getroud, maar sy kry dit nie reg om hom lief te hê nie.

Sy het altyd gedink hy is die probleem, totdat sy na FEBA Kirgisië se uitsendings geluister het en besef het die fout lê by haar. “Ek het gedink ek moet hom verander. Nadat ek na julle geluister het, kon ek sien hy is presies die man wat ek nodig het. Al wat ek moet doen, is om hom te aanvaar en sy geselskap te geniet. Wow, julle het my lewe gered. Dis al ’n paar weke sedert my uitkyk op die lewe verander het. Verbasend genoeg is my man besig om gelukkiger en meer innemend te word. Ek raak nou regtig verlief op hom. Ek wil ook meer uitvind oor Isa (Jesus) se leringe. Dit lyk asof daar ware lewe in Isa is.”


Amen.


*Name uitgelaat vir veiligheid.

As u ‘n skenking wil maak in hierdie God geleide bediening in, klik hier.

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4