God se Goedheid in Viëtnam

“Ek wil julle uit die diepte van my hart bedank vir die radio wat julle aan my gegee het. Ek is baie dankbaar dat ek nou elke dag na God se woord kan luister.” – Thien – Viëtnam

In April 1951 is die eerste vergadering tussen FEBA en die Evangeliese Kerk van Viëtnam gehou en die onderwerp onder bespreking was die byvoeging van ‘n Viëtnamese uitsending skedule tot FEBA se bestaande program. ‘n Jaar later is die eerste Viëtnamese radioprogram vanaf Manila uitgesaai as “Vien Dong Radio”, met boodskappe wat in Viëtnamees opgeneem is. In 1966 het die eerste Viëtnamese persoon by die FEBA-personeel in Manila aangesluit, gevolg deur nog drie in 1969. Teen 1974 het daar ‘n span voltydse personeel en vrywilligers in Viëtnam gewerk.

Toe Noord-Viëtnam egter die Suide oorneem, is die Viëtnamese personeel ontruim en Amerika toe verplaas. In 1975 het FEBA VSA in La Mirada ‘n FEBC Viëtnamese Departement gestig, en sedertdien word daar ononderbroke na Viëtnam toe uitgesaai. Vanaf 2008 tot op hede word Christelike programme in beide Viëtnam en ander lande vervaardig vir die mense in Viëtnam.

Viëtnamese programme wat 100% evangelisties van aard is, word meestal in La Mirada (VSA) vervaardig en dan vir ‘n uur en ‘n half per dag deur kortgolf-uitsendings vanuit Manila uitgesaai.

As gevolg van die swaar Christen-vervolging uit die Noorde van die land, is luistertoestelle met gehuekaarte  of IUMT (Internet Uitsendings via Mobiele Toestelle) noodsaaklik om die Goeie Nuus van Christus aan te hou versprei. Die Viëtnamese span het ook SD-kaarte vir selfone ontwikkel wat geprogrammeer is met sowat 120 uur se Christelike boodskappe.

Ten spyte van die vervolging wat Viëtnamese Christene ervaar, ontvang FEBA jaarliks steeds duisende getuienisse van God se goedheid teenoor Sy mense, en hoe die uitsendings hulle elke dag seën.

 

Hier is slegs ‘n paar van die getuienisse wat ons onlangs ontvang het: 

Hart-tot-Hart – Van Ateïs Kuberkraker tot Christen Uitsaaier

Mr N was ‘n jong Viëtnamese man in Ho Chi Minh-stad. Hy was ‘n bekwame kuberkraker en het rekenaarspeletjies ontwerp. Alhoewel sy gesin Boeddhisties was, het hy homself as ‘n ateïs beskou. ‘n Vriend gee eendag vir hom ‘n luistertoestel met ‘n oudio-Bybel op en die eerste ding wat Mr N daarop hoor, is vir hom heeltemal nuut: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.”

Vir die volgende twee jaar luister hy na FEBC se programme, op soek na die waarheid. Iemand gee vir hom ‘n Bybel en hy begin kerk bywoon saam met sy vriend, wat later daartoe lei dat hy bid om Christus te ontvang, ‘n daad wat sy lewe verander. “Ek was besig om in ‘n nuwe persoon te verander,” sê hy.

Met behulp van die luistertoestel getuig  Mr N teenoor sy ma, broers en susters, en goeie vriende van dit wat hy gevind het, en hulle almal kom tot bekering.

Mr N was tot op daardie stadium ‘n suksesvolle programmeerder, maar hy wou sy vaardighede gebruik om Jesus met ander te deel. Uiteindelik het hy aangesluit by ons tegniese span in Viëtnam – teen baie laer vergoeding!

Hoekom? wil mense weet, waarop hy antwoord, “Die werk hier het ewigheidswaarde.”

*Naam verduister om veiligheidsredes.

 

Van Dwelmverslaafde tot Kerkleier

“Voordat ek God leer ken het, was ek iemand wat nie geweet het hoe om lief te hê nie,” deel Mr Toua Tang. Hy was vir ses jaar lank verslaaf aan dwelms en alkohol, maar het dit volstrek ontken. “As enigiemand my probeer oortuig het ek is verslaaf, het ek so kwaad geword vir daardie persoon dat ek gevoel het ek wil hulle vermoor.”

Toe kry Mr Toua Tang ‘n beroerte. “Ek kon my lyf nie roer nie. Ek het ‘n invalide geword. Ek kon niks doen nie en was meestal bewusteloos.”

Mr Toua Tang se familie het hom Laos en Viëtnam toe gebring. Hulle het etlike maande lank probeer om iemand te vind wat hom kon behandel. Hulle het al hul geld spandeer en selfs skuld gemaak, maar sy toestand het nie verbeter nie. Uiteindelik het hulle besluit om hom huis toe te neem.

“Al my familielede het verskillende godsdienstige rituele en metodes probeer, sonder sukses. Ek het hoop opgegee en gewag om dood te gaan,” onthou Mr Toua Tang. “In daardie tyd het ek na FEBC se radioprogram begin luister. Die aanbieder het gesê dat God sondaars en siekes kan help. Selfs verlamdes kon loop. Dit laat my toe besluit om in God te glo. Nadat ek Jesus as my Verlosser aanvaar het, het ek gebid en gevra dat Hy my genees. Ek het op ‘n wonderbaarlike manier begin versterk. Ek het selfs weer leer loop. En toe is ek volkome genees! Ek het gedink, ‘Wow! Hierdie is die ware God! Ek wil meer van Hom weet.’”

So het Mr Toua Tang besluit om na FEBC in Chiang Mai toe te gaan vir Bybelopleiding.

“Ek het geleer dat God die Skepper is, en Hy is liefde. God het my lewe verander. Nou dien ek God as ‘n pastoor in my dorpie se kerk, waar ek die gemeente lei en na hulle omsien.”

 

Om meer mense soos Mr N en Mr Toua te help, kan jy ‘n skenking maak deur die skakel te volg: https://www.payfast.co.za/donate/go/febaradiosouthafrica

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4