‘N JAPANNESE BOEDDHIS KIES VIR JESUS

Die Christendom in Japan word oorskadu deur ‘n lang en gewelddadige geskiedenis van vervolging en martelaarskap. Duisende gelowiges was in Japan op die wreedste maniere deur die owerhede vermoor, nadat die destydse Tokugawa Shogunate-regering Christenskap in die vroeë 1600’s verbied het. Alhoewel Christene in Japan vandag nie meer hierdie vlak van geweld ervaar nie, hul word steeds kultureel vervolg en deur familie en vriende met minagting behandel. Die meerderheid Japanese weier om mense te aanvaar wat van tradisionele praktyke wegbreek en Christenskap nastreef. Dit is die rede hoekom ons uitsendings so ‘n belangrike bron van inligting is vir mense wat kerk vermy uit vrees.

Mev. K, ‘n Japanese luisteraar het geskryf; “Ek het onlangs opgehou om ’n sutra (‘n Boeddhistiese vers) daagliks te herhaal. Nou gebruik ek my eie woorde om te bid, want ek glo in Jesus Christus. Dit was in hierdie jaar dat die oortuiging dat Jesus Christus my verlosser is sterker geword het. Ek kan steeds nie glo hoe ek verander het nie. Ek was voorheen ‘n toegewyde Boeddhis. Ek het vinnig besef dat Boeddhisme ‘n afgod is.”

Die kerke in Japan se lidmaatgetalle is min, met gemiddeld ongeveer dertig lidmate in elke kerk. Gelowiges is baie versigtig en beoefen meeste van die tyd hul geloof in die geheim. Die mense in Japan is veral onverdraagsaam teenoor Christene en beskou hul geloof as ‘n onbetroubare godsdiens, weens die manier waarop dit in die media uitgebeeld word.
Die tipe Christenskap wat in Japan beoefen word, word sterk deur Japannese wêreldpersepsies beïnvloed. Dit het daartoe gelei dat mense sukkel om God as alomteenwoordig en alwetend te aanvaar. Hulle glo ook dat enige individu hierdie goddelike eienskappe kan bemeester.

Mev. K is dankbaar vir FEBC se evangeliese uitsendings en Bybelkorrespondensie-programme, wat haar help om in haar geloof te groei. Sy sê; “Alhoewel ek dikwels vrae het oor die skrifte en nie altyd saamstem nie, glo ek steeds. Eerstens glo ek in God as die skepper van die hemel en die aarde en in Jesus Christus as die Seun van God. Ek kan nie die feit dat Jesus my van my sondes verlos het ignoreer nie.”

Ons dank die Here dat Hy deur ons uitsendings die lewens van die Japannese mense met die boodskap van hoop aanraak. Ons uitsendings versterk mense wat afgesonder en deur hul gemeenskap verwerp word.

 

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4