NUWE RADIO STASIE IN KIRGISIË BEREIK 10 MILJOEN SIELE

Dit mag voel dat die plekke wat ons met die evangelie bereik te ver van die huis af is, maar dit is in daardie lande waar mense Christus die meeste nodig het; lande wat deur baie min sendelinge bereik kan word. Die kultuur en tale is so kompleks dat sendelinge van buite jare lank sukkel om aan te pas, selfs daarna ‘n minimale impak het.

Danksy die Here is niks onmoontlik nie. FEBC het aan die begin van 2020 ‘n nuwe FM-stasie in die suidelike hoofstad, Osh, die tweede grootste stad in die land van Kirgisië, gestig. Deur hierdie stasie sal FEBC in staat wees om die naburige stad, Jalal-Abad, en die Ferghana-vallei in Oesbekistan te bereik.

Ds. Ulanbek Karypov, die Nasionale Direkteur van FEBC Kirgisië, is baie entoesiasties oor die nuwe stasie en glo dat dit ‘n sleutelrol gaan speel om ‘n groot impak in die land te kan maak. Hy sê;
“Ons het sedert die begin van ons bediening hier in Kirgisië reeds begin bid. God is groot! In 2020 het Hy ons ‘n netwerk van ses FM-stasies gegee. Ons jubel hieroor!”

Die Ferghana-vallei wat in Sentraal-Asië geleë is, sluit dele van oostelike Oesbekistan in, Suid-Kirgisië en die noorde van Tadjikistan. Die vallei is die tuiste van 10 miljoen mense en is een van die mees onstabiele gebiede in die streek. Die ineenstorting van die Sowjet-unie het tot verskeie sosio-ekonomiese probleme gelei, wat onder andere tot ‘n etniese gediversifiseerde bevolking, ingewikkelde grense, minder hulpbronne en godsdienstige ekstremisme gelei het. Die meerderheid mense wat hierdie streek woon is Moslems. Hulle ervaar probleme soos, huishoudelike geweld, vroue en kinders word mishandel, daar is poligamie, dwelmhandel en georganiseerde misdaad.

Hierdie nuwe stasie het die potensiaal om in die streek 10 miljoen mense se lewens met die Goeie Nuus van Jesus Christus te verander. Loof die Here vir hierdie belangrike intervensie, wat so vroeg in die nuwe jaar plaasgevind het!

 

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4