Ons bou brûe na die Koninkryk

“My vriende geniet Jesus Christus nou net soos ek.” – Marita Bonner, Malawi

Nadat sy gehoor het hoe ons stasiebestuurder in Malawi, ds. Amos Siyabu Phiri, haar vriende gehelp het om Jesus Christus te leer ken en meer oor die Woord van God te leer deur middel van radio, het Marita Bonner besluit om God ‘n kans te gee. Kort voor lank het sy haar lewe volkome aan Christus oorgegee en ander mense na haar huis genooi om saam met haar na die evangelieboodskap te luister. Gou-gou was haar huis vol kosbare siele wat honger geluister het na die verkondiging van God se woord op die radio of oudio-Bybel.

FEBA se bediening in Malawi bou sterk brûe vir God se koninkryk en bereik getrou nuwe mylpale. Nadat hulle ‘n nuwe gebou in Blantyre aangeskaf het, het FEBA Malawi ‘n nuwe uitsaaistasie gebou en Litala FM geloods, wat geestelike en opvoedkundige programme uitsaai na plaaslike gemeenskappe. FEBA Malawi reik buite hul eie grense en saai uit na die Yao-bevolkingsgroepe in Mosambiek en Tanzanië, wat die potensiële luistertal sowat vier miljoen maak.

Voordat hulle hul eie uitsaai-lisensie in 2020 ontvang het, het FEBA Malawi vir meer as 30 jaar met ander radio-netwerke saamgewerk om geestelike en opvoedkundige programme vanuit ‘n kerk in Blantyre uit te saai.

Die stasiebestuurder, ds. Amos Siyabu Phiri, het die konsep van luisteraarklubs suksesvol geïmplementeer. Hy het goeie beheer oor die stasie, asook die menigte luisteraarklubs wat onder sy leiding in afgeleë gebiede gestig is. Die luisteraarklubs vergroot FEBA se invloedsfeer in dié gebiede aansienlik.

Die afgelope Desember het ds. Amos en sy span die langverwagte FEBC Internasionale Leierskap Akademie bygewoon, waar verskeie onderwerpe soos “Die Realiteit van Leierskap”, “Die Geskiedenis en Etos van FEBC”, “Bevoegdheid en Karakter”, “Aanpassing by Leierskap style”, “Leierskap en Persoonlike Groei”, en vele ander oor ‘n tydperk van vier dae bespreek is. Dit het die Malawi-span effektief toegerus om hulself en hul gemeenskap te verbeter, en om hindernisse te oorkom terwyl hulle hul rolle in die bediening vervul.

Die span in Malawi verduur gereeld slegte toestande en vervolging wanneer hulle lang afstande reis om tyd te spandeer saam met nuwe gelowiges en ongelowiges op hul pad met God. En hulle maak vordering, siel vir siel. Dis hoe FEBA in Malawi brûe bou na God se koninkryk deur gemeenskapsradio, een uitsending en een tree op ‘n slag.

Jy kan help om hierdie God-aangestelda werk te laat groei deur die skakel te volg: https://febaradio.co.za/projects/

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4