FEBA Indonesië Aangewys As Mees Invloedryke Christen-radiostasie

“Loof God vir 54 jaar se seën en voorsiening vir Yaski en 25 jaar vir Heartline 100.6 FM!” Yaski is FEBA Indonesië se humanitêre tak – sommige mense ken FEBA Indonesië as Yaski – en Heartline Radio is hul hoof radiostasie. In November 2023 het FEBA Indonesië albei hierdie mylpale gevier saam met al die personeel en 300 luisteraars vanaf kerke, skole en besigheidsmanne wat die radiobediening ondersteun.

’n Verteenwoordiger van FEBA Indonesië deel die volgende: “Die tema van Yaski se 54ste verjaardagherdenking is: ‘Reconnect, Realign, Restart’. Dit verwys na die manier waarop Yaski en Heartline hul luisteraars, vennote en gemeenskappe ná die pandemie genooi het om weer hande te vat en iets nuuts te begin doen om die Goeie Nuus reg oor Indonesië te versprei.”

‘n Eiland-nasie

Met sowat 17,508 eilande en meer as 277 miljoen mense, is Indonesië die wêreld se grootste eilandgroep wat deel vorm van ’n enkele staat, asook die vierde digste bevolkte land. Dit is ook die land met die grootste Moslembevolking ter wêreld, met ongeveer 87% van mense wat Islam aanhang. Hoewel die regering godsdiensvryheid amptelik ondersteun, is Indonesië volgens Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys, steeds onder die top 50 lande waar Christene die meeste vervolg word.

FEBA tussen ander radiostatsies

Volgens World Radio Map (worldradiomap.com) is daar meer as 1,900 radiostasies reg oor die Indonesiese eilandgroep. FEBA bedryf sewe stasies, maar sy trefkrag is baie wyer te danke aan die M.O.R.E.-projek (Mission Outreach Radio Expansion), waarvolgens FEBA lugtyd by ander radiostasies koop, of selfs programme gratis aanbied, sodat dit uitgesaai kan word. Danksy M.O.R.E. werk FEBA Indonesië tans saam met 125 radiostasies om die Goeie Nuus dwarsdeur die land te versprei!

Verder het FEBA Indonesië se Heartline Radio in 2023 sy 25ste bestaansjaar met verskeie toekennings gevier. By die KPID Toekenningseremonie, het die KPID (Provinsiale Uitsaaikorporasie van Indonesië) vir Heartline Radio met toekennings in die kategorieë vir Beste Geselsprogram en Gunsteling Aanbieder beloon. Radio Heartline FM Jakarta het ook ’n toekenning by RuangMenulis.Id, ’n gemeenskap van skrywers, ontvang vir hul rol in die bevordering van geletterdheid in Indonesië.

“Ons glo dat geletterdheid die sleutel is wat ’n wêreld van kennis kan oopsluit,” het FEBA Indonesië in reaksie op die toekenning gesê. “Heartline Radio is ook daaraan toegewyd om ’n lojale medewerker in die land se strewe na geletterdheid te wees. Prys God!”

FEBA Indonesië het ’n Tolerance Radiotoekenning gekry vir hul pogings om verdraagsaamheid tussen godsdiensgemeenskappe te bevorder. Hulle is boonop benoem as een van die top vyf kindervriendelike stasies uit meer as 120 ander. Daarom is dit waarskynlik geen verrassing dat PEWARNA (Vereniging vir Christen Joernaliste) Heartline Radio as die Mees Invloedryke Christelike Radiostasie aangewys het nie.

Besoek gerus www.febaradio.co.za vir meer inligting.

Totdat almal gehoor het,
Dr Jurie Vermeulen

Tags :
Share This :

One Response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4