DIE MENSE VAN VIËTNAM WORD DEUR INNOVERENDE MEDIA BEREIK

“Ek maak gebruik van FEBC se tegnologie en kyk na die wonderlike Bybelprogramme saam met my universiteitsgroep. Almal is lief vir die programme en ons gebruik dit om die Bybel in ons groep te bestudeer. Die goeie kwaliteit beeldmateriaal maak die lesse interessant en maklik om te volg. Ons stop soms die video om die punte verder te bespreek, wanneer ons bymekaar kom. Almal neem aan die gesprek deel. Ons het ‘n paar ongelowiges in ons groep. Hulle het baie vrae oor die Bybel. Ek kan die vrae wel beantwoord, omdat die video’s baie effektief is. Ons sal aanhou om hierdie video-lesse in ons Bybelstudiegroep te gebruik.”

FEBC se dinamiese, wêreldwye mediabediening is voortdurend besig om te ontwikkel en om verlore siele op innoverende wyses te bereik. Talle mense se lewens word deur God en ons bediening aangeraak, terwyl ons die wêreld aan die ewige Here en Verlosser bekendstel.

Viëtnam is een van die laaste kommunistiese lande wat tans in die wêreld bestaan. Alhoewel dié land se grondwet geloofsvryheid toelaat, het die regering wetgewing ingestel wat verskeie godsdienstige praktyke verbied. Alle godsdienstige werk word deur die regering dopgehou en mense wat kerkdienste bywoon word gereeld oor hulle doen en late, ondervra. Kerke word gereeld deur die owerhede besoek en die regering is agterdogtig oor alles wat hulle doen. Selfs die wyse waarop hulle dienste aanbied, word onder die soeklig geplaas. Dít is die omstandighede waarin Christene in Viëtnam gedwing word om te leef.

Tydens dr Vermeulen se besoek het hy ook iets interessant ontdek. Hoewel FEBC in Viëtnam uitsaai, word hulle nie toegelaat om ‘n radiostasie in die land te bedryf nie. Verskillende platforms wat ons in ander lande gebruik, word ongelukkig onder sensuur geplaas. As gevolg hiervan, moes FEBC se span in Viëtnam ander metodes gebruik om die evangelie te versprei. ‘n Groep jong programmeerders het ‘n manier gevind om tegnologie met evangeliese inhoud op, te versprei in areas waar sensuur toegepas word. Op hierdie wyse kom duisende Viëtnamese mense tot bekering.

Soos die tyd verbygaan, wend ons bediening innoverende metodes aan om mense met die evangelie te bereik. Alles wat ons doen is tot eer van God. As u hierdie nuusbrief lees, weet ons dat u net so toegewyd is om God se Woord aan die nasies te versprei, sodat elke man, vrou en kind kan hoor dat God vir hulle ook lief is.

 

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4