FEBA Mongolië Bring Duidelikheid oor Christenskap

As God goed is, waarom is daar nog boosheid in die wêreld? Moet ’n Christen ophou alkohol drink? Dít is die soort vrae wat FEBA Mongolië beoog om te antwoord in hul Factual Discussion-program, wat elke Vrydagaand op plaaslike radiostasies en Facebook Live uitgesaai word.


Die gemiddelde uitsending duur 50-60 minute. Die span plaas korter segmente van die program op Facebook, saam met ‘n 60-sekonde video. Tot dusver is die korter segmente al deur meer as 560,000 mense gekyk – dis omtrent 17% van Mongolië se bevolking!


Die Factual Discussion-program teiken beide gelowiges en nie-gelowiges. Mongolië se samelewing en kultuur word hewig deur Boeddhisme beïnvloed, en daar is baie wanpersepsies oor Christenskap. Die vrae wat in die program bespreek word, gee ’n aanduiding van die vals beeld wat mense het: Beplan die Christendom om die wêreldbeskawing te vernietig? Sal Mongolië nog ontwikkel indien ons in Christus glo? Gee Christene net voor dat hulle verander het? Deur middel van kort, duidelike uiteensettings streef FEBA Mongolië daarna om sulke vooropgestelde idees reg te stel.


“Die Factual Discussion-program help mense om die evangelie beter te verstaan – wat die hoofdoel is – en om onsself teen laster te beskerm in ’n samelewing wat deur Boeddhisme oorheers word,” sê ’n lid van FEBA Mongolië se span.


Gelowiges kan ook leer hoe om vrae oor hul geloof te beantwoord. “Ek gaan na ’n Christen-kerk toe,” vertel ‘n 54-jarige luisteraar vir FEBA Mongolië. “Ek het egter besef dat ek tot vandag toe onbewus was van belangrike konsepte oor die Bybel en my geloof. God het my twyfel deur hierdie program opgeklaar. Ek kan nou mense se vrae beantwoord. Ek beveel [die program] gereeld aan vir nie-gelowiges.”


Toe FEBA Mongolië onlangs hul Christen-luisteraars uitgevra het oor die probleme waarmee hulle te doen kry in hul geloofslewe, het 65% gesê hulle ervaar ’n aanhoudende behoefte om hul geloof te verdedig. Factual Discussion beoog juis om mense toe te rus sodat hulle dit kan doen, terwyl hulle ook die evangelie deel. ‘n 30-jarige selgroepleier van Ulaanbaatar vertel die span: “Factual Discussion het my al gehelp om heelwat moeilike vrae te antwoord, wat ander nie kon verduidelik nie.”


Duisende mense het die program tot nou toe op verskillende platforms gekyk, met meer as 4,000 kykers wat op Facebook Live ingeskakel het. Dit het al meer as 1,000 opmerkings ontlok. In hul terugvoer het die meerderheid luisteraars/kykers gesê hulle verstaan Christenskap baie beter ná die program, en dat hulle goed geleer het wat hulle in hul geloofslewe sal help. FEBA Mongolië se span werk tans daaraan om die programinhoud aan te pas ten einde dit meer aanloklik vir jongmense te maak.


Mag FEBA Mongolië se programme aanhou duidelikheid bring vir luisteraars, sodat hulle hul weg in Christus kan vind.


Vir meer inligting oor FEBA, besoek gerus www.febaradio.co.za of kontak ons kantoor by 012 335 5708.

Totdat almal gehoor het,
Dr Jurie Vermeulen

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4