Hoe om geloof bo alle twyfel te beoefen (Deel 2)

Ons gaan nou voort met Deel 2 van ons geloofreeks deur te kyk na hoe ons geloof bo alle twyfel kan beoefen. Kom ons begin met Jesus se optrede in Markus 11.

Jesus vervloek die vyeboom

Ons lees in Markus 11, vanaf vers 12:

En die volgende dag, onderwyl hulle uit Betānië gaan, het Hy honger gehad; en toe Hy op ‘n afstand ‘n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks anders as blare nie, want dit was nie die tyd van vye nie. En Jesus spreek en sê vir hom: ‘Laat niemand ooit in der ewigheid van jou ‘n vrug eet nie!’ En sy dissipels het dit gehoor. En hulle het in Jerusalem aangekom; en toe Jesus in die tempel ingaan, begin Hy om die wat in die tempel verkoop en koop, uit te jaag; en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi; en Hy het niemand toegelaat om enige voorwerp deur die tempel te dra nie. En Hy het geleer en vir hulle gesê: ‘Is daar nie geskrywe: ‘My huis moet ’n huis van gebed genoem word vir al die nasies’ nie? Maar julle het dit ‘n rowerspelonk gemaak’.”

Dit laat die volgende vrae ontstaan: Hoekom het Jesus die onskuldige vyeboom vervloek terwyl dit nie die seisoen van die jaar was waarin hulle vrugte dra nie? En hoekom sou Hy reguit daarvandaan na die tempel in Jerusalem gaan en die geldwisselaars en handelaars uit die howe verdryf? Is daar ‘n verband tussen hierdie twee voorvalle?

Daar is inderdaad ‘n baie direkte verband as ons in gedagte hou dat God in die Ou Testament dikwels na Israel verwys as ‘n vyeboom en ‘n wingerd. God het ‘n heel ander gebruik vir die tempel in gedagte gehad, “…Want my huis sal ‘n huis van gebed genoem word” (Jesaja 56:7). Verder profesieë vind ons in Jeremia in 7:11 tot 15:

“Het hierdie huis wat my Naam dra, vir julle ‘n rowerspelonk geword?… Daarom, wat Ek aan Silo gedoen het, sal Ek nou doen aan die huis wat my Naam dra, die tempel waarop jy vertrou, die plek wat Ek aan jou en jou voorvaders gegee het. Ek sal jou van my aangesig wegwerp…”

Hierdie is presies die tekste wat Jesus aanhaal terwyl hy die handelaars uit die tempel verdryf! Die handelaars in die tempelhowe het vroom voorgekom deur aanbidders se sekulêre geld noukeurig om te wissel na tempelgeld. Die waarheid is egter dat hulle baie meer gemotiveerd was deur die gepaardgaande finansiële wins wat hulle daaruit gemaak het as diens aan God! Terwyl hulle, volgens Jesus, die uitwendige ‘vyeblare’ van godsdienstige vroomheid vertoon het, het hulle eintlik Mammon gedien. Hulle het nie ‘n enkele werklike geestelike vrug gedra nie. In ‘n kragtige analogie vervloek Jesus die vyeboom, gaan reinig die tempel, en vervul so die profetiese gedeeltes waarna hierbo verwys is.

Geloof bo alle twyfel

En so omskep Jesus hierdie voorval in ‘n geloofsles vanaf vers 20:

En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle die vyeboom, verdroog van die wortels af. En Petrus het onthou en vir Hom gesê: ‘Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog!’ Jesus antwoord en sê vir hulle: ‘Julle moet geloof in God hê. ‘Want, voorwaar, Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Hef jou op en werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy gesê het, sal gebeur – hy sal verkry net wat hy sê. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. En wanneer julle staan ​​en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge mag vergewe.’”

Jesus leer ons in vers 24 hoe om oor tydsones heen te bid. Aangesien ‘chronos’ die Griekse woord vir tyd is, kan ons dit vir eers ‘n multi-chronistiese gebed noem. Gebed behels:

  • die hede: ‘… wat jy ook al in gebed vra’
  • die verlede: ‘… glo dat jy dit ontvang het’
  • die toekoms: ‘… en dit sal joune wees.’

Ons sal vir eers hier stilstaan, maar wees gerus op die uitkyk vir deel 3. In die laaste deel  sal ons meer leer oor hoe om te bid oor alle tydsones heen, sonder om te twyfel.

 

God seën jou ryklik,

Dr Jurie Vermeulen

FEBA Radio SA

Tags :
Share This :

One Response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4