‘N BEMOEDIGENDE STEM VIR LUISTERAARS IN KAMBODJA

“Ek sal by jou wees en jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou weer terugbring na hierdie land toe. Ek sal jou nie verlaat nie, maar doen wat Ek beloof het.”– Genesis 28:15.

Die Covid-19-pandemie tref al sedert Januarie meer as  212 lande. Kambodja is een van hierdie lande. Ongeag die beperkings wat op beweging geplaas is, het die span by Krusa FM (FEBC Kambodja), ons Kambodjaanse radiostasie, met vrymoedigheid voortgebeur om deur radioprogramme die evangelie oor te dra aan onbereikte bevolkingsgroepe in die land. Hulle het ook oudio-toestelle aan mense versprei, waarop evangeliese inhoud, preke, Skriflesings en Christelike musiek gelaai is.

Die span is altyd opgewonde om terugvoer van luisteraars te ontvang oor hoe die programme op die oudio-toestelle mense se lewens verander het. Een luisteraar, Sun La, het die oomblik toe die virus uitgebreek het, saam met haar kinders na ‘n ander provinsie gevlug. Sy het haar getuienis met die omroepers gedeel;

“Ek was ongelooflik bekommerd oor hierdie virus en het ook begin om verveeld te raak weens die inperking. Ek en my kinders het geen keuse gehad as om te verhuis nie. Ek het soveel angs en spanning in my hart gehad. Dankie Jesus dat ek na Krusa FM kan luister. Ek is dankbaar vir die ‘Healing Heart’-program wat my aanmoedig, my krag gee en my help om op die Here te vertrou. Nou bring ek al my bekommernisse na God, ek staan vas op Sy Woord en vertrou op Sy plan.”

Krusa FM bied in hierdie uitdagende tydperk evangeliese radiodrama-programme aan om hul luisteraars met goeie nuus in plaas van slegte nuus op te beur. In die land is alle skole en kerke steeds gesluit en mense voel al hoe meer afgesonder en alleen. Om die newe-effekte te kniehalter saai die stasie twee dienste per dag uit en deel boodskappe van pastore, dokters en kenners om luisteraars op hoogte te hou en om hulle moed te gee.

Kambodjaanse-mense is as gevolg van die inperkings tot hul wonings beperk en hulle kyk daagliks meer televisie, maak meer gebruik van sosiale media en luister na hul radio’s. Dit is die perfekte tyd om hulle met die evangelie te bereik en die personeel by ons stasies in Kambodja doen alles in hul vermoë om vir luisteraars en die breër gemeenskap met die nodige inligting te voorsien; veral om mense in hul geloof op te bou en aan te moedig om op God te vertrou. Die span is ook in die proses om opvoedkundige programme vir studente voor te berei, wat steeds nie toegelaat word om terug te keer skool toe nie. Verder bied hulle hulp aan behoeftiges en moedig luisteraars aan om die nodige gesondheidsmaatreëls toe te pas, sodat die virus ander nie aansteek nie. FEBA Radio Suid-Afrika waardeer opreg u toewyding aan hierdie bediening. As gevolg van u ondersteuning en gebed sal 150 stasies regoor die wêreld in staat wees om gedurende hierdie ontstellende tyd, voort te gaan om die evangelie uit te saai.

 

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4