‘n Dodelike aardbewing tref!

Dit was ‘n normale dag vir die mense van Cianjur, Indonesië, toe ‘n aardbewing met ‘n sterkte van 5,6 die dorp meteens tref. Sowat 327 mense is dood en honderde beseer. Alhoewel aardbewings algemeen voorkom, het dié een ‘n kolossale grondstorting veroorsaak wat etlike dorpies en infrastruktuur beskadig of vernietig het, en daar word berig dat vier mense tot dusver in die grondstortings gevind is.

Ongeveer dertien mense word nog vermis in die geaffekteerde gebiede.

Nood reaksie-spanne is ontplooi om beseerdes te help. Een van dié was FEBC Indonesië se eie “First Response Radio” (FRR) span, ‘n onderafdeling van YASKI, die hoof radiostasie wat sewe ander stasies besit en bedryf. YASKI vervaardig programme in ses minderheidstale, insluitend Javanees, Sasaknees, Buginees, Makassarees, en Sundanees.

Toe die FRR op die toneel arriveer, het hulle onmiddellik nood radiostasies opgestel en sowat 400 radio’s uitgedeel om mense op hoogte te hou van die situasie en enige vordering wat gemaak word. Die radio’s het ook toestelle van hoop geword deurdat ons FRR-span hoop en vertroosting gebied het aan almal wat die ramp deurmaak.

Die FRR gee gereeld nuus deur aan diegene wat hul wonings verloor het en verwys hulle na kerke wat hul deure oopgemaak het vir slagoffers wat nêrens het om heen te gaan nie.

Ons is dankbaar en geseënd om ‘n toegewyde FRR te hê wat reguit in die chaos ingaan om God se mense by te staan in ‘n tyd van nood en hulle aanmoedig om aan te hou hoop, aan te hou bid, en aan te hou glo.

Dankie aan FEBC Indonesië en Heartline FM vir hul diens aan die gemeenskappe.

Jou skenkings help ons om die oproep tot aksie te beantwoord in tye van nood.

Volg die skakel om ‘n skenking te maak of meer uit te vind oor hoe jy betrokke kan raak: https://febaradio.co.za/reach50/

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4