ONS GROOTSTE GESKENK BRING VREDE IN INDONESIË

Kersfeestyd herinner ons dat die seisoen aangebreek het vir families om weer, na ‘n lang jaar se harde werk, saam te kom en die stilte vir ‘n oomblik te geniet. Dit herinner ons ook dat dit wat was afgehandel is, en mense sien uit nou na nuwe uitdagings met die aanbreek van 2021. Maar hierdie jaar gaan Kersfees anders lyk en voel vir talle mense. Baie families sal nie bymekaar kan kom nie, en ander sukkel deur die trauma van verlies. In die duisternis is hopeloosheid onvermydelik, maar in Christus is daar geen duisternis nie.

“Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.” 1 Joh. 1:5

Lande regoor die wêreld wat onbeperkte vryheid ervaar het, het ‘n voorsmaak gekry van hoe die lewe is as vryheid skielik weggeneem word. In sekere lande sal Kersfees vanjaar dieselfde wees as dit nog altyd was, maar vir ander sal dit ‘n leemte van hopeloosheid wees, net ‘n ekstra dag uit hul bestaanskalender.

Indonesië word wêreldwyd as die grootste Moslem-land erken. ‘n Indonesiese vrou, Rica Rahim, het met desperaatheid gesoek om van die gevoel van angs wat haar lewe regeer het, bevry te word.

Sy het veral ‘n behoefte vir vrede gehad, weens sy dit nie in haar eie land kon vind nie. Rica het wel ‘n Christen-vriend gehad wat ‘n lewe van vrede geniet het. Tog, kon Rica nie verstaan waarom die vriend gehad het wat sy nie het nie. Haar nuuskierigheid het haar met tyd aangespoor om ‘n kerkdiens uiteindelik by te woon;

“Ek het uiteindelik besluit om ‘n kerkdiens in die stad by te woon. Dit was vir my ‘n baie vreemde dag, van die oomblik af toe ek by die deure ingestap het. Ek het niemand geken nie en agter in die kerk gaan sit. Ek het na die liedere en toe die preek geluister, en vir een of ander rede het ek die week daarna teruggekeer om nog ‘n diens by te woon,” het Rica gesê.

Na afloop van haar derde kerkdiens het Rica skielik siek geword en in die hospitaal opgeëindig. Dit was toe, terwyl sy daar in haar hospitaalbed gelê het, dat haar hele lewe verander het.

“Ek het ‘n ervaring gehad wat ek nie kan verduidelik nie. Ek het baie gehuil in die hospitaal. Nie omdat ek siek was nie, maar ek wou die figuur wat ek in die kerk aangevoel het ontmoet — die figuur wat ek nie kon sien nie. Al wat ek gevoel het was hierdie onbeskryflike vrede terwyl ek in die kerk was.”

Haar swak gesondheidstoestand verhoed tans dat sy enige kerkdienste kan bywoon. Maar te danke aan die radio kan sy steeds die Woord van God hoor en in die geloof groei.

“Elke aand wat ek na die radio luister raak ek sterker in Christus,” het sy gesê.

Daar is vandag miljoene mense regoor die wêreld wat nooit tot die kennis van Jesus Christus sal kom en om ‘n gelukkige lewe in Hom kan geniet nie. Min van hierdie mense maak kennis met die Here van die kansel af, van die straathoeke af, van ‘n kerk wat 1500 mense kan akkommodeer en binne loopafstand is; of selfs deur evangeliese musiek te hoor wat tydens opelug konserte gespeel word. Sou dit nie was vir Rica se gelowige vriend wat haar aan die Here blootgestel het nie, sou sy vandag nie oor die vrede beskik wat sy vir so lank na gesoek het nie.

Is jy dalk bereid om die grootste geskenk van Jesus Christus met iemand anders hierdie Kersfees te deel?

Jy, die leser, het die kans om iemand in ‘n afgesonderde deel van die wêreld met die grootste geskenk, die evangelie in Jesus Christus, hierdie Kersfees mee te deel. Veral met mense wat nie direkte of geen toegang tot die evangelie het nie, as gevolg van landswette wat hul vryheid van geloof beperk. Indien jy bereid is om dit te gee, kan die lig en kennis van Jesus Christus iemand uit hul donker omstandighede red, en, selfs ‘n hele gemeenskap en generasies vorentoe ten goede verander.

Hierdie jaar bestaan ons bediening al vir 75 jaar. Ons vier die Hierdie se guns en goedheid om ons toe te laat om die evanglie na die onbereikte wêreld te bring.

As jy met ons wil kontak maak, skakel ons gerus op 012 355 5708 of besoek oons webwerf, www.febaradio.co.za vir meer inligting oor ons bediening en hoe jy ‘n ongelooflike verskil kan maak in die lewens van miljoene mense wat in lande woon waar die evangelie verbode is.

 

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4