VAN ALKHOLIS TOT CHRISTEN PREDIKER

“My naam is Eerw. Ofanly Yakob. Ek het in 1996, terwyl ek nog op skool was, na Radio YASKI (FEBC Indonesië) begin luister. Ek het op daardie stadium baie gedrink, maar te danke aan God se hulp, is my geloof deur die YASKI-radioprogramme versterk. Nadat ek meer gereeld na die programme begin luister het, het die mense by die radiostasie vir my Christelike boeke aangestuur. Ek kon daarin slaag om ‘n Bybelkursus te voltooi en het ‘n sertifikaat ontvang. Soos wat ek in die geloof gegroei het, het ek besluit om by ‘n Bybelkollege in te skryf. Nadat ek my studies voltooi het, het ek na Tangerang verhuis, waar ek al vir jare as ‘n Christelike onderwyser by ‘n skool werk.”

Kort nadat Eerw. Ofanly gered is, het hy omtrent elke week briewe na Radio YASKI gestuur. Hy het soveel briewe aan die stasie gestuur dat hy bekend geraak het as die luisteraar, wat die heel meeste briewe ooit gestuur het. Deur die gereelde korrespondensie en die feit dat hy aanhoudend na FEBC se uitsendings geluister het, het seën en geloof in sy lewe gegroei. Dit het hom aangemoedig om voltyds in die bediening betrokke te raak. Ons span het hom aan ‘n goeie kerk blootgestel, sodat hy die nodige opleiding kon kry. Indonesiërs en mense regoor die wêreld, soos Eerw. Ofanly, is voltyds in die bediening betrokke, danksy ‘n gedagte wat ons deur ons uitsendings in hul harte geplant het. Ons radiostasies stel ook hulp en kennis aan luisteraars beskikbaar, om in alle areas van hul lewens geseënd te kan wees.

Indonesië bestaan uit 13,000 eilande en is die tuiste van die wêreld se grootste Moslem-bevolking. Daar word miljoene mense in die land se hoofstede deur ons uitsendings bereik, maar daar is steeds miljoene mense in landelike gebiede wat nog nooit van Jesus gehoor het nie.

FEBC Indonesië werk tans met 85 plaaslike radiostasies saam, wat deur kerke en Christelike sakemanne regoor die land besit word. Dié stasies het in die verlede baie min Christelike inhoud gehad, maar is deesdae gewillig om FEBC se evangeliese programme uit te saai. Danksy hierdie uitsendings is FEBC nou daartoe in staat om meer as 500,000 mense, wat meestal op eilande en in reënwoude woon, met die evangelie te bereik. Ons uitsendings het ‘n impak in gebiede wat selde deur predikante of sendelinge bereik kan word, asook in plekke waar die Goeie Nuus verbied word.

 

Tags :
Share This :

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

Recent Posts

Our Magazine

Radius Magazine – Issue #2
Radius Magazine – Version #3
Radius Magazine – Issue #4